Augustus
The Buckfever Underground

die stories wat ek langs die pad optel is kort en ek vergeet hulle maklik jokes val in by 'n oor uit by 'n mond word doodgedruk deur 'n sigaret en dan voete as iemand nou weer eenkeer vir my vra waarom ek karre tel gaan ek my humeur verloor daar's baie te leer in migrasie die wisselende klimaat die swak geriewe die kwynende voorrade dis eintlik nie nodig om dit te noem nie want ons het almal dieselfde hande en soortgelyke honde eintlik is ek die laaste een om te praat ek frons daagliks 'n glimlag van afweermiddels ek ruik na sweet diep in die winter en ek wonder waar die eende vanjaar broei ek skryf alles neer en hoop dit vou op en vlieg maar ek bly net honger en afgetrokke my broer skiet 'n ribbokooi in die winter en later 'n duiker en beide is dragtig daar's fout met die weer die wolke dryf verkeerd die diere lam te vroeg augustus is warmer as vantevore en steeds wag ek dat iemand moet doodgaan miskien is dit my beurt daar's dan nog vyftien dae oor en my regterhand is kouer as gister iets jeuk in my rug en buite kwetter die verwarde vinke wanneer die kwik dertig raak hulle nou neste in die ongesonde hitte maar sit verwonderd twee dae later wanneer dit misreën die karre ry verkeerde kant toe en almal gaan op die sperstrepe verby vanoggend lê daar 'n dooie spreeu in die pad sonder rede netjies en geslagloos op sy rug die mense hier doen inkopies en ek spandeer weer my ouers se geld die gras ryp dood ondanks die hitte maar skadukolle is lowergroen van my badkamerwater daar's ongemaklike stiltes waar wind moet wees straatligte wat nie werk nie en snags kry ek nie my rug reguit in die bed nie as dit so aangaan gaan die somer vroeg en nat kom in donderstorms en vloede en lank daarna sal dit warm wees en droog en hoog en wit vir 'n nuwe bergreeks en vlakte die sondagsrivier meander met geleende water tot by die see en dan stadig teen die opdraand waarteen motors afry en ek pitte in die emmer gooi en karre tel die seisoene swaai onbeheersd soos gekneusde vrugte aan 'n tou orals vrot biltong en droëwors agter gaas terwyl vure met nat hout gestook word ek neem foto's van bergpieke maar dit bly deinserig en vaal en ver die plaaswerkers werk vinniger en ons kyk gedurig in die lug op ons knink instemmende vir mekaar en tel die bokke drie keer om seker te maak ons honde lê om die huis rond die een oud en gek en blind die ander 'n lae IK labrador vir ure sit ek in die sonkamer en kyk hoe die son vuil kolle op die venster uitwys ek's op my gelukkigste hier maar vanjaar klop alles nie hoe langer ek tik hoe kouer word my vingers wanneer ek die tv aansit lag ek vir die nuus daar's geen rede om karre te tel nie maar dit verskaf vertroosting van mense wat op pad is dis beter om net te sit en pitte in die emmer te gooi as die jaartye verder handuitruk begin dit dalk groei op 'n sondag wie weet daar's nog vyftien dae oor in augustus god weet


  Purchase "Augustus"   Purchase Entire Album   Email Video to Friends   Play Youtube "Augustus" Video   Play Spotify "Augustus" Song   View Wikipedia "Augustus" Entry   Receive Emails for Future The Buckfever Underground Lyrics

Email:

  Link to "Augustus"   Share on Facebook, Twitter, and more
  See Recommended Lyrics For You

Loading...

Lyrics by The Buckfever Underground

Related Songs

  Augustus Gloop - Danny Elfman  You Hide (feat. Augustus Ghost) - Tut Tut Child  Queen Of Your Heart (feat. Augustus Ghost)...  Birds on the Wire (feat. Augustus Ghost)...  Augustus - P.S. Eliot  Lovecraftian Nomemclature - Rudimentary Peni  Nil - Eluveitie  Teutoburg (Ambush of Varus) - Ex Deo  27.04.1994 - Dear Reader  Luv Sic Pt. 4 - Nujabes  Luv (sic) Pt. 4 - Shing02  Decree - Art Garfunkel  The Decree - Art Garfunkel  Cheruscan - Ancient Rites  Once Were Romans - Ex Deo  Late Train To Heaven - Waterboys  Alive and Sounding [Instrumental] - Augustus Pablo  Come & Try to Get It [Instrumental]...  Come and Try to Get It [Instrumental]...  bookworm - Augustus Sweetheart  rollergirl - Augustus Sweetheart  shelf life - Augustus Sweetheart  give us a kiss - Augustus Sweetheart  runway model gorgeous - Augustus Sweetheart  Cow Town [Instrumental] - Augustus Pablo  Born To Dub You Pt. 2 - Augustus Pablo   Classical Illusion (12 version) - Augustus Pablo   Classical Illusion (Micron 7) - Augustus Pablo   The Naming Of Cats - Andrew Lloyd Webber  Nothing - Dusty Springfield  In The Name Of Blood - Metalium  The Nameing Of Cats - Cats Musical  12 Shots (feat. Nate Augustus) - Diabolic  12 Shots - Diabolic  Mom Was No Fat Broad - Cherry Poppin' Daddies  One Word - John Cale  Higher - Art Vs. Science  Ellie - Orkest Klein  One Word - Brian Eno  The Naming Of Cats - CATS  Oh, Rotterdam (Mooie Stad Achter De Haven)...  Los Angeles Waltz - Razorlight  The Force I Muster - Conejo  Jerk Offs and Fuck Ups - Salvation Army Soldiers  Whole Musical - Cats Musical