Die Bure
The Buckfever Underground

die bure skop hulle diere en slaan hulle kinders in die niere, drink baie bier en gooi die bottels stukkend in die driveway. hulle sny nie die gras nie, gooi nie die rubbish in swart sakke nie, steek gedurig goed aan die brand, is besig om ‘n wagtoring op te rig, angle-grind tot 3-uur die oggend, skiet ou TV’s met rewolwers, rand bedelaars aan, verdryf kollekteerders en predikante met donshael, sambokslae en megafone. soms bel ons die polisie, maar die polisie is besig en het nie tyd vir nietighede nie.

hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou? maak lugwaardinne met grondboontjies in hulle neusgate jou wakker, skud hulle bakpoeier oor jou gesig, klop liggies ‘n eier daardeur? of is dit die gehoes van reën en die getik-tik van stringe wind teen die vlagpale van die kwikspar? is daar kieme op deurknoppe, hempsknope, polisieknuppels en melkdruppels? hoe grou haar toonaels in jou rug se moue? wie’s die vrouens wat gedurig sooie kom lê, growwe, groen, nat sooie, wat nog na kontant en vloedwater ruik? wie’s die waterfiskaal by die beervleidam, wie se lammers lê dood langs die pad, wie plaas die bloukraanvoëls hier, soos grys gekerfde brode tussen die swart en die koring? wie grom vir wie tussen tandepaste en petroleumjellie? ken jy jou petroljoggie se naam? met watter vinger teken jy in die stof, skiet julle grof, vat julle fyn? ken julle tant mossie se acid house remix? click julle tonge, nat punte, gesplete klinkers, voorste verhemeltes en hemelse handlangers, saam, tegelykertyd, eensklaps, spoedig? buig julle saam om die herd, rol julle dieselfde drom om, deel julle ‘n paar boude? wat’s louterwater? wie besluit hoe later hoe kwater? is ‘n kapater elke dag kwater en kwater, synde hy sonder ‘n knater? brul dinge op die braai, roer iemand die slaai, swaai kinders op die skoppelmaai? hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou?

voet op die wa, los hand om die greentrees koffie, sigaret wat rol onder die oogtand, staan ons held vannaand in september en praat oor sy vrou, en sy eks-vrou en hoe sy nie die inslepery kon hanteer nie. sy pak haar tasse, hy skud sy kop. die nuwe vrou is beter, sy’t reg gekies. dan’s daar sy broer en sy pa, dood op pad na ‘n ongeluk, hy’t uitgery nylstroom toe vir die lyksuitkenning. wanneer sy oë in die rigting van die caltex sign draai, kan jy jou jou verbeel jy sien sy harde ken by die ruit uitsteek, een hand op die wiel, die ander wat slap hang in die wind, blou oë wat wil huil maar nie kan nie, want die verkeer is swaar, en die pad by die carousel verby is vol busse en trokke. eers by die zambesi-laan afrit kom sy kop skoon, en hy dink aan werk en die ekonomie en vriende en die vrou. dan, jare later, staan hy hier by greentrees en deel raad uit oor karre en deals aan ‘n dwerg en ‘n yuppie, die gesprek soos ‘n toolbox wat van ‘n bakkie afval. soek hom maar gerus op, jy sal hom ken aan sy oorpak en sy glimlag, en sy wiele wat ruik na rubber en reën, en sy stem, vol missed calls, middernag-padstories en die lig wat uit die dag gesuig word.

hy’s so anders as ons bure, wat hul diere skop en hulle kinders in die niere slaan, skote na die maan afvuur, nooit die gras sny nie, en die pos laat ophoop. hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou? swaai iemand op die skoppelmaai? roer iemand die slaai? brul dinge op die braai? skiet julle grof, vat julle fyn?


  Purchase "Die Bure"   Purchase Entire Album   Email Video to Friends   Play Youtube "Die Bure" Video   Play Spotify "Die Bure" Song   View Wikipedia "Die Bure" Entry   Receive Emails for Future The Buckfever Underground Lyrics

Email:

  Link to "Die Bure"   Share on Facebook, Twitter, and more
  See Recommended Lyrics For You

Loading...

Lyrics by The Buckfever Underground

Related Songs

  Bure Bure - ARASH  Ruke - Ekatarina Velika  Je N'Aimerai Jamais Que Vous - Nana Mouskouri  Sušac blues - Daleka Obala  Bure-ki Wa No - Yuki  Blossom Lady - Shocking Blue  hanamuke - Chirinuruwowaka  Madeleine - Francis Cabrel  Standing Still - Ukiss  High And Low - Alice Nine  Standing Still - U-Kiss  BURE KAAM KA BURA NATEEJA - Shailendra  The Swim - Pizzicato Five  Anata No Soba De - Crystal Kay  I'm Here - Yuna Ito  Wild Strawberries - Pizzicato Five  Money Is King- - Siam Shade  Die, Die, Die - Dr. Dog  Die Die Die - Bone Thugs-N-Harmony  Die, Die, Die - Dr. Dog  Die Die Die - Avett Brothers  Die Die Die - Bone Thugs N Harmony  Bye Bye Louis - Joe Dassin  Die Die - Cancer  Echoecho - Die! Die! Die!  Whitehorses - Die! Die! Die!  Year Nine, Yeah! - Die! Die! Die!  Death To The Last Romantic - Die! Die! Die!  Sideways Here We Come - Die! Die! Die!  Everybody's Got Something To Hide Except For Me An...  Britomart Sunset - Die! Die! Die!  Maybe: Definetely - Die! Die! Die!  Shyness Will Get You Nowhere - Die! Die! Die!  Like 48th St, Maybe? - Die! Die! Die!  We Built Our Own Oppressors - Die! Die! Die!  Promises, Promises - Die! Die! Die!  "Out Of The Blue" - Die! Die! Die!  Das Hildebrandslied TeilI - Menhir  Virgin F - AAA  Watch Out - Brown Eyed Girls  Missing You - Kana Nishino  La Religieuse - Georges Brassens  Die Die Die My Darling - MISFITS  Die Die Die My Darling - M  Die, Mother, Die - Stiffs Inc.  Die Motherfucker Die - Atmosphere  Die Lover Die - End of Green  Die Motherfucker Die - Suicide Commando  Die Pig Die - Abscess  Die Homie Die - Vaginal Jesus  Die Hipster Die - Shannon Murray  Die Motherfucker Die - Get Set Go  Die Cat Die - Koffin Kats  Die Baby Die - Astrovamps  Die, Die, Crucified - Powerwolf  Die Monster Die - MISFITS  Die, Zombie, Die - White Zombie  Die, Zombie, Die - Rob Zombie  Die Zombie Die - White Zombie  Die Powerhouse Die - Ashes To Embers  Die Sinner Die - Dayglo Abortions  Die Motherfucker Die - Dope  Die Mf Die - Dope  Die Religion Die - Brian Head Welch  Die - Girls  Die [*] - Beanie Sigel  Die - Joel T. Hamilton  Die - Iron & Wine  Die - Norther  Die - Madcap  Die - Laudamus  Die - Ja Rule  Die - Carissa's Wierd  Die - 2 Pac  Die - Lupe Fiasco  Die - Slaughterhouse  Die - Beanie Sigel  Die - 2Pac  Die - Buck Tick  Die - Christian Walz  The Loser Patrol - Die!  Die, Die, Die ... And Then Some...  Goodnight Irene - Die, Emperor Die!  Another City For A Different Life...  Rachel, I'm A Wretched Idealist...  Julia's Wish - Die, Emperor! Die!  Godnight Irene - Die, Emperor! Die!  Julia's Wish - Die, Emperor Die!  …And Night's Trees Stood Up - Die, Emperor! Die!  Postscript - Die, Emperor! Die!  Dear Friend (Don't Ever Give Up)...  Another City For a Different Life...  December Stars Could Never Match Your Eyes...  May Day - Die, Emperor! Die!  Six Feet Beneath My Heart - Die, Emperor! Die!  Anorexic Nation - Die Cheerleader Die  Shaykit - Die Queen Die  Noizy Tribe - Initial D  Die Mother Fucker Die - Get Set Go  Die Happy, Die Smiling - Maps  I Die: You Die [*] - Gary Numan  Die When U Die - Jehst  Die When You Die - Gg Allin  Die, Die My Darling - MISFITS  I Die: You Die - Gary Numan  I Die : You Die - Gary Numan  Die And Die Now - Devildriver  Die Die My Darling - M  Die Die My Darling - Aiden  I Die;you Die - Information Society  Die When You Die - Taake  Die Die My Darling - Metallica  Die, Die My Darling - Garage Inc.  Die, Die My Darling - Aiden  Die Die My Darling - Misfits  Die Tr In Die Vergangenheit - Goethes Erben  Die Geister, die uns riefen - Nachtgeschrei  Die Durch Die Hölle Gehen - Eisbrecher  Die Durch Die Holle Gehen - Eisbrecher  Die Today - Off With Their Heads  Die Alone - A Pale Horse Named Death  Die Alone - Miles Away  Die Perfektion - Madsen  Die Stadt - Klee  Die Stadt - Klee  Die Slow - Mac Lethal  Die Slow - Shyne  Die trying - Silent Film  Just Die - Trash Talk  Die Alone - Sick Of It All  Die Alone - Sick Of It All  Die Polizei - Kaizers Orchestra  We Die - Geri X.  Die Flut - Joachim Witt  Die Liebe - Laibach  Die Wirklichkeit - Zeraphine  Explosive Die - Siderartica  Die Slow - Health  Just Die - Jandek  Die Guten - Muff Potter  Die Behauptung - Die Toten Hosen  Die Stimme - Absurd Minds  Go Die - D.R.I.  Never Die - Born From Pain  Die Again - Rumsfield  Die Rad - Maniac  Die Stadt - Necronomicon  Die Tonight - jj  Die Together - Mr.Kitty  Die Vision - Forest of Fog  Die Trying - Cee Lo Green  Die Young - Little Fish  Die Bastard - Fukpig  I Die - Alden Penner  Never Die - Korzus  Die Alone - Evangelista  Die Matrosen - Book of Love  Die Flut - Witt  Die Hexe - Subway To Sally  Die Famous - Lil' Zane  Die Alone - U.S. Bombs  Drift & Die - Puddle Of Mudd  Die Laughing - Nik Kershaw  Die [Instrumental] - DJ Dirty Money  Die Zeit - Elis  Die Stadt - Elis  Die Propheten - Das Ich  Die Konkurrenz - Wir Sind Helden  Die Liebe - Wumpscut  Die Again - Episode 13  Die Alone - Unanimated  We'll Die - Thanksgiving  Die Teufelsmühle - ASP  Die Leiter - Oomph!  Die Kelten - Menhir  Die Trommel - Subway To Sally  Die Auserwählten - Menhir  Die Alive - Tarja Turunen  Die Young - Piggy D  Die Slow - Zombeast  Others Die - A Life Once Lost  Never Die - Metalium  Die Young - Primal Fear  Die alone - Morbid Suicide  die painfully - Witches With Dicks  Die Again - Wolfsbane  Die Bestie - Unheilig  Die Forelle - Franz Schubert  Die Offenbarung - Heimataerde  Die Kraft - Eisheilig  Die Brücken - Eisheilig  We Die - Chris Bathgate  Do Die - Wynn Stewart  Die Fliege - Die Toten Hosen  Die Matador - Garland Jeffreys  Die Macht - Joachim Witt  Die Young - Gods Paparazzi  Die Trying - C-Lo  Die Axt - Die Goldenen Zitronen  Die Alone - Donovan Wolfington